Dirk se appèl is tevergeefs

2010-11-12 00:20
Tweets Share Share line Print

Prinsloo voordat hy tot 13 jaar in ’n strafkolonie gevonnis is.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Beeld

‘Dit is waar hy hoort.”

So het Susan Lemmer, ma van adv. Cézanne Visser, Donderdag gesê toe sy hoor dat die appèl van Dirk Prinsloo, haar dogter se eertydse minnaar, in Belo-Rusland teen sy vonnis van 13 jaar tronkstraf weens poging tot roof van die hand gewys is.

Dit beteken dat Prinsloo, ’n voormalige advokaat en oudvoorsitter van die onafhanklike balie in Gauteng, die res van sy vonnis in ’n strafkolonie in Belo-Rusland onder streng voorwaardes moet uitdien. Hy het op 10 Junie 2009 probeer om die Belo-Russiese bank in Baranowitsji te beroof.

Prinsloo het vroeër sy vonnis aan Beeld as “f****n mal” beskryf.

Die hof het ook gelas Prinsloo moet die koste van sy verhoor vergoed, ’n bedrag belasting aan die staat betaal en vergoeding van 5 miljoen roebel aan sy slagoffers betaal vir hul “morele en materiële skade” weens sy dade.

“As hulle Prinsloo langer daar (in die strafkolonie) kan hou, sal ek dit ook verwelkom,” het Lemmer gesê.

Haar dogter het op 17 Mei begin om haar vonnis van sewe jaar tronkstraf in die Pretoria-Sentraal-gevangenis uit te dien weens die onsedelike dade wat sy en Prinsloo met drie kinderhuismeisies en drie jong vroue gepleeg het.

Ook adv. Johann Engelbrecht, wat Visser (33) se verhoor in die hooggeregshof in Pretoria hanteer het, het gesê Prinsloo “verdien” sy vonnis.

“Ek is bly dat hy minstens ook nou ’n vonnis uitdien, al is dit nie in Suid-Afrika nie. Hy verdien die straf wat aan hom opgelê is; ek dink eintlik hy is lig gestraf,” het Engelbrecht gesê.

Prinsloo het in Mei 2006 in die middel van sy en Visser se verhoor na Belo-Rusland gevlug nadat hul verhouding verbrokkel het.
Volgens Engelbrecht het Visser goed aangepas en is sy ingeburger tussen haar medegevangenes.

Lemmer het gesê haar dogter het as Christen en as mens verdiep sedert sy haar tronkstraf begin uitdien het.

“Dit gaan met haar goed in die omstandighede,” het Lemmer gesê.

Visser, self ’n voormalige advokaat, kan van 16 November af kontakbesoeke in die gevangenis ontvang omdat sy dan reeds ses maande van haar vonnis uitgedien het.

Twee weke gelede het twee van haar slagoffers elk ’n skadevergoedingseis van R600 000 teen haar in die hooggeregshof ingedien. Die eisers was destyds tieners.

Een van die eisers (nou 24), ’n versekeringsklerk, sê in hofstukke Visser het haar op 22 Februarie 2002 aan pornografiese literatuur en rolprente, “intieme handelinge of terapie” wat op Visser se geslagsdele uitgevoer is en aan haar naakte liggaam blootgestel.

Volg Beeld op Twitter. Klik hier.
 

Lees meer oor: dirk prinsloo  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Dit was die verkeerde huis! Weet hulle nie waar die ministers bly wat hulle alles belowe het nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.