Dirk Prinsloo uit hof gejaag

2010-01-14 07:28
Tweets Share Share line Print

Julian Rademeyer en Lyudmilla Prokopova

Johannesburg - Dirk Prinsloo is Woensdag in Belo-Rusland uit die hof verwyder nadat die regter hom vir die Suid-Afrikaner vererg het.

Regter Wasilij Petrif was nie ingenome met dié vermeende kinderseksmisdadiger se herhaaldelike uitbarstings en “irrelevante vrae” tydens die voorafgaande vyf uur se getuienis nie.

Prinsloo staan tereg op verskeie aanklagte van aanranding, marteling, diefstal, boewery en poging tot bankroof.

Petrif het bevind dat Prinsloo “sistematies die orde van die hof skend” en dat hy hom herhaaldelik skuldig gemaak het aan minagting van die hof.

Prinsloo mag nie weer in die Baranowitsji-distrikshof verskyn totdat alle getuies en “slagoffers” klaar getuig het nie. Prinsloo is deur polisiebeamptes geboei en weggeneem.

Dit het gekom terwyl getuienis gelei is oor sy beweerde betrokkenheid by ’n mislukte bankrooftog in Baranowitsji op 10 Junie verlede jaar.

Van die bankkassiere het gehuil toe hulle Woensdag getuig het.

Prinsloo het een van die vroue, wat tydens die mislukte rooftog aangerand is, in die hof om verskoning gevra.

Sy herhaaldelike onderbrekings terwyl Petrif die getuies ondervra het, het daartoe gelei dat hy verwyder is.

Vroeër het die hof gehoor hoe Prinsloo na bewering me. Anastasia Gomza, een van sy voormalige minnaresse, tussen Junie en Desember 2008 gereeld aangerand het.

Ná een aanranding het Prinsloo na bewering aan Gomza gesê dat sy sal goed lyk met silikoonlippe en -bors­te, is eergister volgens die Pretoria News getuig.

Die regter het Dinsdag al sy humeur met Prinsloo verloor tydens die Suid-Afrikaner se ondervraging van Gomza. Prinsloo het gesê dat hy in Suid-Afrika as ’n “briljante kruisondervraer” beskou is.

“Nou word ek deur u in die wiele gery,” het hy aan Petrif gesê.

Petrif het gereageer: “Ek stel nie belang in watter soort deskundige jy in Suid-Afrika was nie, jy is nou in Belo-Rusland.”

Later het Prinsloo gesê: “Ek wil nie langer deel wees van die verhoor nie. Dit is duidelik dat ek nie ’n regverdige verhoor kry nie.”

–Beeld

Lees meer oor: dirk prinsloo  |  hof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Oki sê... Ek is eerder n rassis voordat ek n moordenaar is,eerder n rassis voordat ek n dief is,eerder n rassis voordat ek n terroris is,eerder n rassis voordat ek n legens en Adele aanhanger is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.