Dirk Prinsloo kan vandag hoor of hy gaan sit

2010-02-01 08:52
Tweets Share Share line Print

Julian Rademeyer

Minsk, Belo-Rusland - Dirk Prinsloo sal vandag weet of hy skuldig bevind is en of hy agter tralies in ’n maksimumsekuriteitstronk in Belarus sal moet sit.

Dié vermeende kinderseks­misdadiger staan tereg op aanklagte van poging tot bankroof, diefstal, marteling, doodsdreigemente en “boewery”. Hy kan tot 15 jaar tronkstraf opgelê word.

Prinsloo beweer hy is onskuldig op al die aanklagte behalwe bankroof, waarop hy toegee hy “gedeeltelik” skuldig is.

Regter Vasili Petrif begin vanmiddag in die Baranowitsji-distrikshof uitspraak lewer.

Verlede week het Prinsloo gesê hy is bereid om vergoeding vir “morele en materiële skade” aan die slagoffers by die bank te betaal, maar dat dít wat hulle vra (sowat R52 000 elk) te veel is. “Dink hulle ek het die Lotto gewen die dag toe ek by bank ingestap het?”

Prinsloo het ook beweer sy vervolging en verhoor is onwettig en dat die polisie nie die regte prosedure gevolg het nie. Hy het ook beweer dat hy gemartel is – ’n aanspraak wat die hof Vrydag verwerp het.

Volgens Prinsloo het die polisie ook met getuienis gepeuter en getuies voorgesê.

Prinsloo ontken ook dat hy sy minnaresse “geestelik en fisiek” aangerand en gemartel het, of dat hy ’n halssnoer ter waarde van $2 000 (R15 110) by een van hulle gesteel het. Hy beweer hul “leuens” is gemotiveer deur “jaloesie”.

Luidens ’n verklaring wat Vrydag in die hof voorgelees is, wil die seuntjie wat die polisie gehelp het om ’n identikit van Prinsloo saam te stel ná die mislukte rooftog, “nie weer die man sien nie want ek is bang vir hom”.

Artjom Bobrovitsj (10) beskryf hoe Prinsloo sy ma buite die bank herhaaldelik met die vuis geslaan het toe hy ná sy beweerde mislukte rooftog uit die bank gevlug het.

Artjom en sy ma, Angela Bobrovitsj, het hul hond saamgeneem bank toe.

“Dit was omtreeks 14:15 en mamma het my buite gelos met die hond sodat sy in die bank kon gaan. Toe sy die trappe klim was daar skielik ’n man met ’n masker oor sy gesig. Ek het nie gehoor dat hy enigiets sê nie.

“Hy het my mamma aangeval en haar op die kop en in die maag met sy vuiste geslaan. Hy het haar sowat vier keer geslaan. Sy het teen die muur gesak en op die grond geval. Die man het stadig geloop en die masker van sy kop afgehaal.

“Ek het ’n mes in sy hand gesien. In die ander hand was ’n sak. Daar was geen rede om my mamma te slaan nie. Ek was baie bang en het weggehardloop en in die portaal van ’n gebou gaan wegkruip.”

Artjom het vir die polisie gesê die verdagte “lyk soos ’n nar met ’n wye neus en groot oë”.

Later het Artjom “onmiddellik” vir Prinsloo uitgeken toe hy ’n foto van hom gewys is.

Volgens Prinsloo is Artjom se weergawe “pure fantasie”.

“Toe ek die bank verlaat het was daar nie ’n seun met ’n hond buite nie. Hy kon dalk in die omgewing gewees het maar nie naby nie.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdade  |  dirk prinsloo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Dit was die verkeerde huis! Weet hulle nie waar die ministers bly wat hulle alles belowe het nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.