Dirk Prinsloo het glo gemartel en bespot

2010-01-13 07:23
Tweets Share Share line Print

Minsk - Dirk Prinsloo is ’n gewelddadige man wat vroue mishandel, met die dood dreig, martel en beroof, voer die staat aan in die Baranowitsji-distrikhof waar Prinsloo op aanklagte van onder meer poging tot roof en boewery teregstaan.

Die Pretoria News, wat ’n verslaggewer na Belarus gestuur het, het berig een van die getuies, Prinsloo se voormalige vriendin Anastasia Gomza, gaan volgens die klagstaat getuig dat hy haar aangerand en “gemartel” het en haar ook met die dood gedreig het.

Luidens die berig lui die klagstaat dat Prinsloo haar in Desember 2008 ernstig aangerand het in haar woonstel in Minsk, Belarus se hoofstad.

Hy het toe na bewering foto’s van haar wonde geneem en haar sarkasties daarmee bespot.

Die koerant berig voorts Prinsloo het Gomza luidens verklarings voor die hof by minstens twee geleenthede aan die hare gegryp, rondgesleep en haar op die vloer neergegooi.

Gomza het volgens die koerant die regter versoek dat haar getuienis nie in ’n ope hof aangehoor moet word nie omdat dit haar “waardigheid sal aantas”.

Die regter het haar versoek geweier.

Prinsloo het ook geëis dat hy afskrifte van hofdokumente en die polisielêer in Engels wil hê.

Toe die regter hom gevra het of hy daarvoor kon betaal, het Prinsloo hom sy geskeurde jas gewys en gesê: “Lyk dit asof ek geld het?”

Prinsloo het eergister nog geweier om te pleit omdat hy glo nie kans gehad om deur ’n tolk met sy prokureur, me. Swetlana Abrosimova, te konsulteer nie.

Prinsloo het ook die regter en sy assessore gevra om hulle aan die saak te onttrek omdat hulle klaarblyklik “bevooroordeeld en uiters geïrriteerd” met hom is.

Prinsloo is gewaarsku dat sy gedrag neerkom op minagting van die hof.

Volgens Lyudmilla Prokopova, Die Burger se korrespondent, het Prinsloo, wat soms in gebroke Russies gepraat het, ’n groot Engels-Russiese woordeboek, verskeie lêers, dokumente en ’n sak nartjies by hom gehad.

Die saak duur voort.

- Die Burger


Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: dirk prinsloo  |  hofsake

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Onpatriotiese werkgewers??? Ek vind groot genot daarin om op jou parade te P - JULLE wat Cosatu is, JULLE wat deel vorm van die onheilige alliansie is verantwoordelik dat werkgewers liewers uitkyk vir dit wat saak maak - hulle besighede. Hulle is nie onpatrioties nie, hulle is realisties. Maar kommuniste het mos geen idee van hoe 'n ekonomie werk nie - weet net hoe om te gebruik, nie om te maak nie Patriote word nie in besighede gevind nie. Patriote word gevind in die gewapende magte, in die staatsdiens, in die politiek en om eerlik te wees, met die manier hoe julle die land plunder, is daar GEEN patriote in ons regering nie. Patriotisme het gesterf in 1992 toe die NP ons 'n rat voor die oe gedraai het Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2007
R 129,995.00

NISSAN

Hardbody 3200 D-Cab SE Dsl
2003
R 101,400.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.