Dirk Prinsloo gehok in hof

2010-01-12 07:56
Tweets Share Share line Print

Dirk Prinsloo gister in die hof terwyl hy deur die tralies om die beskuldigdebank met sy regsverteenwoordiger, me. Svetlana Abrosimova, praat (Lyudmila Prokopova).

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Minsk - Hy verstaan nie wat aangaan nie en hy verstaan nie hoekom niemand na hom luister nie, het Dirk Prinsloo, Suid-Afrika se vermeende kinderseksmisdadiger, gister in ’n hof in Belarus gesê.

Prinsloo se verhoor op aanklagte wat verband hou met ’n bankroof het Maandag begin. Hy het onder meer daarop aangedring dat die verhoor met geslote deure gehou moet word.

“Ek verstaan nie mooi wat hier aangaan nie en ek vra dat die regter my meer deeglik moet toespreek,” het Prinsloo glo tydens die verrigtinge gesê.

Hy wou ook weet hoekom niemand na hom luister nie.

Prinsloo se hande was agter sy rug geboei en hy was omring deur polisiebeamptes toe hy gister by die Baranowitsji-distrikshof aangekom het.

Hy is tydens die verrigtinge in ’n staalhok toegesluit en moes met sy prokureur, Svetlana Abrosimova, deur die tralies praat.

Prinsloo staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer, roof en wanordelike gedrag. Hy kan tot tien jaar tronkstraf kry indien hy skuldig bevind word. Daarna sal hy na Suid-Afrika gedeporteer word.

Hy het daarop aangedring dat sy tolk vervang word en dat sy verhoor met geslote deure plaasvind om sy dogter, Xenia, te beskerm.

Albei sy aansoeke is van die hand gewys.

Prinsloo het geweier om te pleit, het die Star-koerant Dinsdag berig.

Prinsloo is op 12 Junie verlede jaar in Belarus se hoofstad, Minsk, in hegtenis geneem ná ’n mislukte bankroof in Baranowitsji, nie ver van die woonstel waar hy, sy vriendin en hul jong dogtertjie gebly het nie.

Prinsloo het in 2006 na Belarus gevlug om sy verhoor in Suid-Afrika vry te spring.

Sy medebeskuldigde, Cézanne Visser, is in Oktober verlede jaar skuldig bevind op 11 van die 14 seksaanklagte teen haar. Sy word op 8 Februarie gevonnis.

Volgens die polisie in Belarus het Prinsloo twee weke voor die bankroof ’n speelgoedpistool en ’n klapmus gekoop. Hy het ’n mes saamgevat wat hy in Suid-Afrika gekoop het. Hy het dié mes glo altyd by hom gehad, selfs as hy geslaap het.

Prinsloo het glo die telefoondrade in die bank met ’n snoeiskêr afgeknip en die deur versper met ’n metaalstaaf wat in papier toegedraai was.

Toe hy by die bank instorm, het hy glo ’n plakkaat met die woorde “Geld op tafel” vir die kassiere gewys. Later het hy volgens die polisie erken hy het die boodskap met die hulp van ’n elektroniese sakvertaler geskryf.

Volgens die polisie was daar ’n kluis en geld by die kassiere, maar die “dapper” vroue het botweg geweier om dit aan Prinsloo te oorhandig.

Hy het ’n kassier glo aangerand en gevlug toe ’n ander kassier die alarm geaktiveer het. Op pad uit het hy na bewering ook ’n vroulike kliënt van die bank aangerand.

Volgens die koerant Intex-Press is vier bankwerkers beseer. Een vrou is geslaan en geskop en daar is op ’n ander getrap. Een vrou moes glo neurochirurgiese behandeling kry.

Prinsloo se vingerafdrukke was blykbaar oral in die bank.

Hy is twee dae later in ’n internetkafee in Minsk vasgetrek.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: dirk prinsloo  |  hofsake

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Wessel come to think of it, ek hoop daai baba kry darem so ietsie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2007
R 129,995.00

NISSAN

Hardbody 3200 D-Cab SE Dsl
2003
R 101,400.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.