Dirk Prinsloo aangekla

2009-12-11 08:51
Tweets Share Share line Print

Julian Rademeyer

Johannesburg - Die vermeende kinderseksmisdadiger Dirk Prinsloo is in die voormalige Sowjetrepubliek van Belarus amptelik van poging tot roof, boewery en seks­misdade met tienermeisies aangekla.

Die aanklagte is gister amptelik in ’n hof in die stad Brest ingedien.

Prinsloo se verhoor sal na verwagting vroeg volgende jaar begin.

Hy is in Junie in Minsk, hoofstad van Belarus, in hegtenis geneem nadat hy na bewering by ’n mislukte bankrooftog betrokke was.

Prinsloo het glo ’n bank probeer beroof in ’n klein dorpie naby die woonstel waar hy geskuil en saam met sy vriendin van Belarus en hul eenjarige dogter gewoon het.

Die polisie daar het in September aan Die Burger bevestig dat Prinsloo – wat deur sy voormalige minnares Cezanne Visser se advokaat as ’n “sek­sue­le sadis” bestempel is – ondersoek word in verband met “verskeie seksmisdade in Minsk”.

Volgens die hoof van Interpol in Belarus, lt.kol. Mikhail Starikovich, hou die nuwe bewerings verband met Prinsloo se beweerde “seksuele perversies” met vorige vriendinne.

Prinsloo se pa, Johan Prinsloo, het gister gesê sy seun het in ’n onlangse brief geskryf die toestande in tronke in Belarus is “baie swakker” as in Suid Afrika.

“Dit is vuil, armoedig en gevangenes kry die mees basiese kos. Dit is onsmaaklik en rumoerig. Dit is doodeenvoudig morsig en vuil.”

Hy het gesê sy seun het ’n prokureur en hoop dat hy ’n regverdige verhoor sal kry.

“Ek lei af dat hy wel kontak het met sy prokureur en dalk sal hy (Prinsloo) probeer leiding gee, want hy ken hofprosedures. Maar dit hang af. Die oomblik wanneer hulle nou in hul eie taal die dinge moet oordra, weet jy nie of dit so gedoen word op die einde nie.”

Prinsloo sr. het gesê sy seun praat min Russies en dit maak die saak moeiliker vir hom.

Volgens hom sal Prinsloo jr. in Januarie vir die eerste keer sedert sy inhegtenisneming in ’n hof verskyn.

Visser sal dié Kersfees nog tuis kan vier.

Sy sal eers volgende jaar gevonnis word vir die seksmisdade wat sy met jong vroue en kinderhuismeisies gepleeg het.

Waarnemende regter Chris Eksteen het Dinsdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria die vonnisverrigtinge tot 8 Februarie uitgestel.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: dirk prinsloo  |  hof  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Valencia sê... En? Dan verdwyn die bewysstukke - hierdie is "gemors-pos". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.