Direkteure in hof vir bedrog van R16 milj.

2012-01-13 23:08
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Twee direkteure van ‘n boumaatskappy in Taung in die Noordwes  het Vrydag in die Mmabatho-landdroshof verskyn op aanklagte van R16,6 miljoen se bedrog, het die polisie gesê.

“Die 47-jarige man is op borgtog van R5 000 vrygelaat en sy 42-jarige meisie op R1 000 borgtog. Hul volgende hofdatum is 16 Februarie,” het brig. Thulani Ngubane gesê.

Miciel Marais en Janice Mendes is betaal om 731 huise in twee verskillende projekte in die Taung-munisipaliteit te bou.

In die eerste projek sou 360 huise in die Ba Ga Phuduhucwana-uitbreiding gebou word en hulle is R8 110 500 daar voor betaal.

Vir die tweede projek moes 371 huise in Ba Ga Maldi gebou word en R8 501 600 is aan die maatskappy betaal.

Die departement van menslike nedersettings het gevra dat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) die kwessie ondersoek, nadat plaaslike inwoners betogings oor dienslewering gehou het.

“Die ondersoek deur die SOE het getoon dat slegs een huis in die Ba Ga Phuduhucwana-uitbreiding gebou is, in plaas van 360,” eht Ngubane gesê.

“Die munisipaliteit het ‘n groot finansiële verlies gely.”

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: bedrog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Dit was die verkeerde huis! Weet hulle nie waar die ministers bly wat hulle alles belowe het nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.