Dink voor jy bel, vra Zuma
2009-09-16 13:37
Johannesburg – Klagtes oor dienslewering moet liefs eers aan plaaslike en provinsiale strukture gemaak word voordat hulle die presidensiële blitslyn bel.
“Die publiek word aangeraai om eers hulle klagtes oor dienslewering deur die gegewe kanale te maak.
“Slegs as hul klagtes nie aandag kry nie, moet hulle die presidensiële blitslyn gebruik.
“Hulle kan ook die president bel as hulle êrens anders in die stelsel slegte diens ontvang,” het hulle in ‘n verklaring gesê.
Lede van die publiek moet ook nie die blitslyn gebruik tensy “hulle klagtes ernstig van aard” is nie.
Die publiek sal terugvoering van hul navrae ontvang aangesien ‘n span aangestel is om alle kwessies te ondersoek , het die president se kantoor gesê.
“Staatsamptenare moet effektief en professioneel op alle navrae reageer, in lyn met die beginsels van Batho Pele.
“Die regering sal sy bes doen om alle navrae te beantwoord.”
Die presidensiële blitslyn (17737), is teweeg gebring om te help met die beplanning, kontrolering en evaluering van die regering se diensleweringsvermoë.
- Sapa