Diewe vas wat skoolkinders teiken
2011-01-25 23:00
Johannesburg – Twee mans is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle glo verbind kan word aan ‘n reeks gewapende rooftogte op skoolkinders in die Mondeor-gebied.
“Die twee man, onderskeidelik 19 en 23 jaar oud, het glo skoolkinders geteiken. Die verdagtes het die leerlinge na skool met vuurwapens ingewag en hulle van hul selfone en geld beroof,” het ao. Lunga Mahonga, polisiewoordvoerder, gesê.
Na bewering is die polisie sedert die einde van 2010 op soek na die verdagtes. Hul mees onlangse slagoffer was ‘n 17-jarige meisie van die Hoërskool Glenvista.
Die mans sal Woensdag in Johannesburg in die landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA