Dieselstorting ontwrig verkeer in Jhb
2011-07-06 09:15
Johannesburg – Verkeer is Woensdag by die Joe Slovo-brug erg vertraag weens 'n dieselstorting, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê "wat (vir hom) lyk na diesel" is gestort op die brug wat die M2-Oos en die M2-Wes met mekaar verbind.
Die metropolisie en nooddienste is op die toneel en herlei verkeer.
Minnaar het gesê motoriste moet hul hoofligte aangeskakel hou en spoed verminder.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA