Dienswerkers begin reuse-staking
2010-08-18 10:08
Johannesburg – Openbare dienswerkers het Woensdag met ‘n landswye staking begin om op beter lone aan te dring en sê hulle geduld is besig om op te raak.
“Ons het geduldig probeer om die werkgewer te oortuig om ‘n hersiene aanbod aan te bied,” het Cosatu en die Onafhanklike Arbeidskoukus (ILC) Dinsdag in ‘n gesamentlike verklaring gesê.
“Die staking van openbare diens-vakbonde sal voortgaan totdat die werkgewer die werknemers se vereistes tegemoet kom.”
Stakings sal by “al ons werkstasies” plaasvind terwyl massa-optogte regoor die land beplan word vir 26 Augustus.
Nomusa Cembi, woordvoerder vir die South African Democratic Teachers’ Union (Sadtu), het gesê dat meeste van hul 245 000 lede na verwagting aan die staking sal deelneem.
Sadtu het stakende onderwysers aangemoedig om nie ander te intimideer nie ná gerugte van onderbrekings in klaskamers in die Vaaldriehoek vroeër die week.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA