Dienste: Minister dreig wittes

2010-03-04 06:54
Tweets Share Share line Print

Wit landsburgers wat hul dienstegeld weens swak dienslewering weerhou, kan hulle regmaak vir “oorlog”.

As gesprekke met die nasionale belastingbetalersunie (NBU) wat vir volgende maand beplan word, misluk, gaan die regering wanbetalers hof toe sleep.

So het Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering, Woensdag tydens ’n ministeriële inligtingsessie gewaarsku.

Hulle “ondermyn” munisipaliteite, het Shiceka gesê en gewaarsku sy departement sal hom tot die hof wend as die voorgenome samesprekings met die NBU nie vrugte afwerp nie.

“Ons het uitgevind daar is meer as 280 organisasies – ongelukkig almal wit – wat ’n parallelle regering vorm deur die geld wat munisipaliteite toekom, in ’n trust te betaal. Dit ondermyn munisipaliteite se vermoë om dienste te lewer,” het Shiceka gesê.

Volgens hom moet gegriefde inwoners eerder met die regering praat.

“Kom ons tree in gesprek oor die slaggate en die gebrek aan dienslewering.”

Inwoners van sowat 300 dorpe oor die land heen weerhou hul belasting en dienstegeld onder leiding van die NBU. Dié geld word in afsonderlike rekenings betaal en gebruik om dienste op eie houtjie reg te ruk.

Die minister het aan Beeld gesê hy gaan in April met die NBU vergader.

“Vir nou stem hulle deur hul geld (te weerhou). Maar wat hulle doen, is onwettig. Dis hoekom ons eers wil praat.

“As dit misluk, sal ons regstappe doen. Ek het my departement klaar opdrag gegee om die moontlikhede te ondersoek.”

Jaap Kelder, voorsitter van die NBU, het by navraag ontken hul optrede is onwettig.

Hy het gesê in al die dorpe waar belastingbetalers geld weerhou, is daar vooraf eers ’n dispuut met die munisipaliteit verklaar.

Volgens hom het Shiceka nog nie ’n afspraak met die NBU gemaak nie.

“Uiteraard sal ons met die minister vergader, maar hy moet sy munisipale bestuurders saambring. Een ding moet hy wéét: Dit gaan nie net by praat ophou nie, ons wil aksie sien.”

Shiceka het Woensdag toegegee net behoorlike dienslewering sal inwoners oortuig om weer hul dienstegeld te betaal. Volgens hom wil die regering juis wit gemeenskappe betrek, “want hulle het die vaardighede en die hulpbronne” om ’n verskil te maak.

Shiceka sal Donderdag, wanneer hy met LUR’s vergader, ’n strategie voorhou om gewelddadige protesoptogte te beperk.

Volgens hom ondermyn dit die departement se omkeerstrategie.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: dienslewering

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Riekie sê... Innige simpatie met hierdie familie!! Mag hulle net krag van Bo ontvang om hulle deur die hartseer tydperk te dra. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior BI programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.