Die waarheid rondom Malema-straf onthul
2010-05-13 13:13
Johannesburg - Die straf van 'n R10 000 boete wat die ANC vir Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, opgelê het, was ‘n kompromie wat aangegaan is met die doel om verdeeldheid binne die party te verminder.
Dit het ook aan die lig gekom dat sommige lede van die party se nasionale uitvoerende komitee Malema al vir die afgelope twee jaar wou skors, berig die Sowetan Donderdagoggend.
Lede binne die party het gesê die doel was om Malema buite die party se politieke sake, 2012 se nasionale kongres en die jeugliga se eie kongres wat volgende jaar plaasvind, te hou, berig die koerant.
Kliek hier vir die volledige berig.
Nuus24 op Twitter.