Die ouma, die ram en die Ford

2010-04-23 09:00
Tweets Share Share line Print

Charles Smith, Volksblad

Bloemfontein - Die storie van die ouma met die groot ram op haar skoot op die agtersitplek van ’n Ford Sierra is g’n wolhaarstorie nie.

Só vertel Pietman Claasen, merino-landskaap-stoetteler van Petrus Steyn.

En hy sal weet, want hy’t dié ding met sy eie oë aanskou.

Hy lag nou, vertel hy, maar dinge kon lelik uitgedraai het vir die ouma.

Die storie het goed begin toe ’n man hom bel om ’n ram te koop.

“Hy vra vir my hy soek ’n groot ram, is my ramme groot? Ek sê ja, dis ’n landskaap. Hy’s groot. Hy sê dis reg, hy kom koop.”

Die neukery het begin toe die man, ’n hoewe-boer, met sy Ford Sierra-tweedeur op die plaas Paradys opdaag. En in sy kar is pa, ma, seun én ouma.

Iemand wat weet dat ’n landskaapram alleen ’n bakkie volstaan, kon voorspel het hier kom pêrre.

“Ek vra of hy net kom kyk na die ram. Nee, sê hy, hy kom hom laai. Ek bly stil. Die ouma hyg ook so na asem en ek verwag sy kan enige oomblik iets oorkom.”

Die koper het sy ram uitgesoek – ’n gróót ram – en daarmee na die Sierra gemik.

Die ouma moes eerste inklim en haarself op die agtersitplek tuismaak. Die ram moes agter in die bak gelaai word.

“Ek vra: Wil hy hom nie eers vasmaak nie? Nee, sê hy, hy laai hom net so,” vertel Claasen terwyl die nasionale landskaapskou op die Bloemskou aan die gang is. Hy moet homself inhou as hy die petalje beskryf.

“Die ouma roggel. Die volgende oomblik spring daardie ram oor die sitplek en beland bo-op die ouma. Toe skreeu die pa vir die seun: ‘Boet, vang daai ram! Keer, Boet!’ ”

Die ram van “maklik 140kg” is eindelik van die ouma se skoot af. En sy was juis nie lekker nie.

Die pa het ’n nuwe plan beraam: Die seun moes langs ouma gaan sit en die ram dié keer vashou.

Toe ry die gesin met die Ford Sierra daar weg. Met hul ram.

“Drie weke later bel die ou my,” vertel Claasen: “Hy sê man, dis die beste ram wat hy nog gehad het. Die ram het al sy buurman se ramme op die hoewe doodgestamp.”

Die groot ram moes klaarblyklik as ’n soort stormram in ’n kwaaivriendskap op die hoewes dien. Claasen noem liefs nie die dorp nie.

En die ouma?

“Hy’t nie gepraat dat die ouma dood is nie. Of sy seergekry het? Ek het liewers nie gevra nie. Ek moet jou sê ek was te bang!”

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: goeie nuus  |  kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
51 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Dit was die verkeerde huis! Weet hulle nie waar die ministers bly wat hulle alles belowe het nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.