'Die hel was los', sê boer nadat plase afbrand

2011-08-25 08:00
Tweets Share Share line Print

Steynsrus – “Die hel was gister (Woensdag) hier los. Ek het al baie brande in my lewe help blus, maar ek het goed gesien en beleef wat ek nog nooit beleef het nie.”

Dít is die woorde van Boy Saaiman, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) op Steynsrus, nadat tientalle plase sedert Dinsdag deur erge brande getref is.

Ses boere in die distrik het al hul weiveld verloor en nog 11 boere het meer as 60% weiding verloor.

Miljoene rande se skade is aangerig.

Saaiman se plaas,Weltevrede, was een van die plase wat in ’n vernietigende brand deurgeloop het. Ongeveer 1 000 hektaar veld, ’n pakhuis en ’n onbewoonde huis het afgebrand.

Dié brand het Dinsdagmiddag op die plaas Eselskop uitgebreek nadat ’n boom glo in erge wind teen ’n Eskom-kragpaal geval het.

Altesaam 2 000 hektaar weiveld, die helfte daarvan van nuwelingboere, ses pakhuise, die onbewoonde huis, 300 bale voer en 24 beeste het in die slag gebly.

In een van die pakhuise het ’n vragmotor, ’n boot, ’n trekker en gereedskap in die slag gebly.

Naas Venter, sekretaris van die Boerevereniging op Steynsrus, het gesê: “Nagenoeg 30 boere het deur die nag op verskillende plekke gespook om die brand onder beheer te kry met vuurvegters.”

Die beraamde weidingskade beloop reeds nagenoeg R3,5 miljoen en die veeverliese tot dusver (24 beeste) R195 000.

Die skade aan pakhuise en pakhuis-inhoud beloop sowat R1 miljoen. Ander skade beloop sowat R300 000.

“Dit is onmoontlik om die skade aan die omheinings te bepaal, maar dit beloop miljoene rande.”

Die Steynsrus-boerevereniging is in kontak met VL om hulp vir die boere te kry.

“Die beste wat die boere nou kan doen, is om te wag vir hulp vir oorlewing totdat die gras weer groei,” sê Gert Heyns, voorsitter van die boerevereniging.

Venter sê sommige van die boere in dié omgewing het reeds voer geskenk aan boere wat alles verloor het.

“Die samewerking tussen die boere is ongelooflik. Daarsonder sou ons nie reggekom het nie.”

Mense wat nog voer wil skenk, kan Venter by 082-824-3597 bel.

Teen druktyd het sowat 20 boere nog saamgewerk om die laaste brande te blus.

Tjaart van Eeden van Ficksburg het gesê hier het Dinsdag ’n brand op die stortingsterrein uitgebreek. Dié brand het oor die berg gekom, oor die pad gespring en skade by die skrootwerf berokken. Vrywilligers en die Working on Fire-span kon dit keer voordat dit gasbottels en petroldromme kon bereik.

Teen druktyd was dié brand onder beheer.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: brande  |  veldbrande  |  plase

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Dit was die verkeerde huis! Weet hulle nie waar die ministers bly wat hulle alles belowe het nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.