Die gereg bots, en jy betáál

2010-02-13 06:58
Tweets Share Share line Print

Cobus Claassen

Pretoria - Die Tshwane-metropolisie is in een ná die ander botsing en ongeluk betrokke en die herstelwerk kos die belastingbetaler miljoene rande.

Herstelwerk aan voertuie van die metropolisie het verlede jaar meer as R1,6 miljoen beloop.

Beeld het gister ’n interne dokument bekom wat beklemtoon hoeveel voertuie verlede jaar ’n draai by die paneelklopper gemaak het.

Karen Meyer, die DA se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, het gister gesê die party sal graag wil weet hoekom so baie voertuie beskadig word.

“En wat gaan gedoen word om te verhinder dat die tendens hom vanjaar herhaal?”

Die dokument toon altesame 98 voertuie is van Julie verlede jaar tot November verlede jaar beskadig.

Dit kom op byna 20 voertuie ’n maand neer.

Die herstelwerk aan die 98 voertuie in dié vyf maande het meer as R1,2 miljoen gekos. Net in Oktober is R480 559 daarvoor opgedok.

Meyer het gesê dit is onrusbarend dat die metropolisie se BBP-eenheid in 16 van die botsings of ongelukke betrokke was wat herstelwerk van amper R295 000 behels het. Een BBP-voertuig is ook afgeskryf.

 Bongi Lehobye, Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, het gesê sy sal eers die statistieke onder oë moet kry voordat sy kan kommentaar lewer.

“Ek weet van ’n ongeluk hier en daar, maar ek sal nie kan sê of dit hoog is of nie.”

Lehobye het gesê sy sal Maandag op Beeld se vrae reageer.

- Beeld

Lees meer oor: metropolisie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Neil sê... Wonder net wat die ou se seksualiteit is en hoekom stel hy juis in die portret belang. Laat mens wonder. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.