Dewani-uitspraak in Maart verwag
2012-02-09 10:00
Kaapstad – Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sê hy verwag dat uitspraak oor die appèl van die moordverdagte Shrien Dewani teen sy uitlewering aan Suid-Afrika, voor einde Maart gelewer sal word.
'n Britse hof het verlede jaar beslis dat Dewani uitgelewer behoort te word om op aanklagte van moord te verskyn, wat verband hou met die dood van sy vrou, Anni.
Mthunzi Mhaga, ‘n woordvoerder vir die NVG, sê hulle wag steeds op inligting van hul Britse ampsgenote, het RSG berig.
Dewani word daarvan beskuldig dat hy die moord op Anni in November 2010 in Kaapstad gereël het.
Volg Nuus24 op Twitter