Dewani 'hét geestesiekte'

2011-12-14 09:30
Tweets Share Share line Print

Den Haag – Shrien Dewani (31) kan weens sy geestesiekte nie reken op ’n regverdige verhoor in Suid-Afrika nie.

Dewani is boonop só siek dat hy nóg ses maande kragtens die Wet op Geestesgesondheid aangehou kan word en dat hy ’n hoë selfmoordrisikogeval sal wees indien hy aan Suid-Afrika uitgelewer word.

Só het Dewani se regsverteenwoordiger, Claire Montgomery QC, gister luidens berigte in die Britse media in die Britse hoër hof in Londen aangevoer.

Dewani word aangekla van die kontrakmoord op sy vrou, Anni (28), in November verlede jaar in Guguletu in Kaapstad.

Die Dewani’s was op wittebrood in die Kaap toe hul taxi glo gekaap is. Me. Dewani se lyk is later in die verlate voertuig in Ilithapark, Khayelitsha, gevind. Dewani is in Guguletu uit die voertuig gegooi.

Die Britse minister van binnelandse sake, me. Theresa May, het in September ’n uitleweringsbevel onderteken.

Dewani se appèl teen die uitleweringsbevel het gister voor regters sir John Thoma en sir Ducan Ousely begin en gaan vandag voort.

Montgomery voer aan dat Dewani aan post-traumatiese stressindroom ly en dat hy nie voorgee dat hy aan dié geestesiekte ly nie.

Sy uitlewering kan glo sy gesondheid en selfs sy lewe bedreig.

Volgens haar kan Dewani nie alleen op grond van sy siektetoestand nie op ’n regverdige verhoor in Kaapstad reken nie; hy loop ernstige gevaar om deur mede-gevangenes aangerand of verkrag te word.

Sy het gesê die versekerings van die Suid-Afrikaanse owerheid dat Dewani in die tronk beskerm sal word, is nie genoeg nie.

Montgomery het die twee regters gevra om die uitlewering te keer, ten minste tot ’n later geleentheid wanneer sy geestestoestand weer geëvalueer kan word.

Dewani het nie die hofverrigtinge bygewoon nie. Enkele van sy familielede was wel daar.

’n Taxibestuurder van Kaapstad, Zola Tonga, is kort ná die moord in hegtenis geneem. Hy is op 8 Desember 2010 in die Wes-Kaapse hooggeregshof ná ’n pleitooreenkoms met die staat tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die moord.

Hy het beweer dat Dewani die meesterbrein agter die moord op Anni is en dat hy R15 000 betaal is om haar te laat vermoor.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Neil sê... Wonder net wat die ou se seksualiteit is en hoekom stel hy juis in die portret belang. Laat mens wonder. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.