Dewani dalk in Desember in SA
2011-09-29 12:16
Kaapstad – 'n Regskenner sê indien alle regspraktyke gevolg word, kan die Britse sakeman Shrien Dewani teen Desember in Suid-Afrika wees.
Die Britse minister van binnelandse sake, Theresa May, het Woensdag Dewani se uitlewering aan Suid-Afrika bekragtig.
Dewani word daarvan beskuldig dat hy die moord op sy vrou, Anni, beplan het. Sy is op 13 November in Guguletu vermoor.
Saber Ahmed Jhazbhay, 'n regskenner, sê die Suid-Afrikaanse regspan kon bewys dat Dewani nie onregverdig behandel sal word indien hy in Suid-Afrika verhoor word nie.
"Dewani gaan by die Britse hoërhuis (House of Lords) appelleer en daarna sal dit waarskynlik na die Europese menseregtehof gaan. So dit sal 'n rukkie wees voor Shrien Dewani na Suid-Afrika kom, tensy die Britse hoërhuis 'n baie sterk bevinding teen Dewani se saak maak."
Jhazbhay het gesê indien alles goed verloop sal Dewani teen Desember in Suid-Afrika wees.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter