Dewani-beskuldigde wys misdaadtonele uit
2012-09-19 14:16
Kaapstad – ‘n Man verhoor word vir die moord op Anni Dewani het aan die polisie gewys waar sy glo ontvoer en vermoor is, het die Wes-Kaapse hooggeregshof Woensdag gehoor.
‘n Video in die hof het Xolile Mngeni (25) gewys waar hy twee tonele in Guguletu en vier in Khayelitsha aan kapt. Clive Joseph Ontong op 17 November 2010 “uitwys”.
Mngeni het onskuldig gepleit op aanklagte van kaping, roof en die moord op Dewani in Guguletu op 13 November 2010. Sy was saam met haar man Shrien op wittebrood ten tyde van die voorval.
Mngeni het beamptes eers na die hoek van Johnson Qona- en Klipfontein-straat in Guguletu geneem.
“Ons het die voertuig in die stadium gekaap,” het hy gesê terwyl hy teen een van die motors geleun het.
“Ons het in daardie rigting [wys noordwes] die gekaapte voertuig binnegegaan.”
‘n Kort rukkie later is Mngeni op die NY1-pad in Guguletu, agter die polisiebeamptes se kantore, te sien.
“Die bestuurder van die voertuig het daar uitgeklim,” het hy gesê.
Die video het daarna oorgeskakel na Oscar Mpeta-straat in Khayelitsha, waar Mngeni gesien kan word waar hy teen ‘n motor leun met sy kop wat op die dak rus.
Ontong het verduidelik dat dit ‘n warm dag was en dit is hoekom Mngeni teen die motor staan.
Mngeni sê ‘n kort rukkie later aan die polisie dat “die man” hier afgelaai is.
Die konvooi het toe na Mew Way in Khayelitsha beweeg, waar "die vrou" volgens Mngeni “die vrou” geskiet is.
“Ek is nie seker waar sy geskiet is nie, maar dit was in hierdie pad. Dit is waar ons begin baklei het,” het hy gesê.
“Die ou het die vrou geskiet en hy het in die voertuig geklim. Ek het ook in die voertuig geklim want die afstand was te ver. En toe ry ons.”
Die video sny dan na Sinqolathi-straat waar Mngeni beweer hy en “Mawewe” die gekaapte voertuig gelos het.
Hy het aan beamptes gesê Mawewe het hom gewys in watter bosse hy die selfone sal wegsteek.
Hulle het glo verskillende paadjies ingeslaan en het weer by Look-Out-heuwel bymekaargekom.
In die laaste toneel kan Mngeni gesien word waar hy ‘n pad voor ‘n gemeenskapsentrum in die gebied uitwys.
Hy sê hy en Mawewe het daar ontmoet kort nadat hulle weggehardloop het. Hulle het “die geld” gedeel en toe hul verskillende rigtings gegaan.
Ontong het aan die hof gesê daar is nie aan Mngeni gesê waarheen om te gaan nie.
Hy het vir die polisie gewys waar om te ry en waar om te stil te hou.
Die verhoor duur voort.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA