Dewani appelleer teen uitleweringsbevel
2011-09-30 19:08
Londen – Shrien Dewani het teen die uitleweringsbevel
aan Suid-Afrika wat deur die staatsekretaris in die Verenigde Koninkryk
goedgekeur is geappelleer.
Dewani het sy appèl by die Britse hooggeregshof
ingedien nadat die Britse minister van binnelandse sake, Theresa May, die
uitleweringsbevel geteken het.
Dewani word daarvan beskuldig dat hy die moord
van sy vrou, Anni Dewani, in November verlede jaar tydens hul wittebrood in
Kaapstad, georkestreer het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP