Dewani-appèl in Desember aangehoor
2011-11-12 14:30
Johannesburg – Die appèl van die Britse sakeman Shrien Dewani sal op 13 en 14 Desember in die Britse hooggeregshof aangehoor word, het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gesê.
Dewani appelleer teen 'n bevel dat hy aan Suid-Afrika uitgelewer kan word oor die moord op sy vrou, het Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die NVG, gesê.
"Ons is vol vertroue dat ons Britse eweknieë suksesvol sal wees."
Theresa May, Britse minister van binnelandse sake, het Dewani se uitleweringsbevel onderteken.
Dewani word daarvan beskuldig dat hy die moord op sy vrou, Anni, beplan het. Sy is in November verlede jaar op hul wittebrood in Kaapstad dood.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA