Despatch: 2 mans doodgeskiet

2012-01-14 12:51
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Twee mans is in Despatch doodgeskiet en 'n ander gewond, het die Oos-Kaapse polisie Saterdag gesê.

Die lyk van 'n 20-jarige man is omstreeks 07:00 langs Elandstraat gevind, het lt.kol. Priscilla Naidu gesê.

Die man het op sy maag gelê, en het skietwonde agter sy regteroor en op sy wang gehad.

Die polisie het omstreeks 08:00, terwyl hulle op die toneel besig was, verdere inligting ontvang oor twee ander slagoffers wat in 'n bos naby Swartkopstraat gevind is.

Mense van die omgewing het na die bos gegaan om te bid toe hulle op die slagoffers afkom, het Naidu gesê.

Een van die mans, 25, het 'n skietwond aan sy kop gehad. 'n Ander man, 24, is naby hom gevind met 'n skietwond aan sy linkerhand en 'n wond aan sy kop.

Die 24-jarige man het steeds gelewe, en is na 'n hospitaal geneem. Die twee mans is ongeveer 'n kilometer van die toneel af gevind.

Al drie die mans was van die Ezinyoka-nedersetting naby Despatch.

"In hierdie stadium weet ons nie wat die motief vir die skietery is nie. Ons weet nog nie of die drie mans mekaar ken nie," het Naidu gesê.

"Die polisie vermoed die drie mans is laat gisteraand [Vrydagaand] geskiet. Die polisie het die twee moorde met mekaar verbind. Enigiemand wat kan help met enige inligting wat verband hou met die voorval word gevra om asseblief met die SAPD se Despatch-tak in verbinding te tree," het sy gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: moorde  |  misdaad  |  sterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Neil sê... Wonder net wat die ou se seksualiteit is en hoekom stel hy juis in die portret belang. Laat mens wonder. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.