Dertien honde dood gevind
2011-10-30 22:05
Johannesburg – Dertien honde, wat vermoedelik vergiftig is, is Sondagoggend dood gevind in Dutywa naby Butterworth, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Volgens kapt. Jackson Manatha is die honde in die Silityiwa-lokasie in Bholothwa gevind. Hulle is vermoedelik Saterdagaand vergiftig.
Die honde het aan verskeie huishoudings behoort, het hy gesê.
‘n Saak van wreedheid teenoor diere word ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA