Derby-Lewis daag minister uit oor 'leuen'

2011-12-20 09:54
Tweets Share Share line Print

Sonja Carstens

Pretoria – Clive Derby-Lewis (74) het gister vanuit die Pretoria-sentraal-gevangenis, waar hy die afgelope 18 jaar sy vonnis van 25 jaar tronkstraf uitdien, die minister van korrektiewe dienste uitgedaag om haar stellings oor hom te bewys.

Derby-Lewis het gereageer op Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, se stelling op die opening van die galgkamer-museum verlede week dat Derby-Lewis twee jaar gelede in ’n paroolaansoek gesê het as hy uit die tronk kom, gaan hy eers rus en daarna alles oor die moord op Chris Hani onthul.

“Hoekom nie nou nie,” wou Mapisa-Nqakula weet.

Derby-Lewis het gister in ’n verklaring, wat deur sy vrou, Gaye, aan Volksblad gestuur is, gesê hy kan nie glo dat die minister sou “lieg” om haar “onregverdige en ongrondwetlike optrede ten opsigte van my parool te probeer regverdig nie”. “Ek moet dus aanvaar dat een of ander amptenaar haar waningelig het, want ek het nooit so iets in enige aansoek gesê nie. Daar is ’n maklike manier om die saak reg te stel: Vra die betrokke amptenaar om haar te voorsien van die dokument waarin my beweerde verklaring staan. As dit wel lyk asof die minister die outeur van die leuen is, dan daag ek haar uit om ’n beëdigde verklaring in die verband af te lê sodat die reg kan geskied aangesien die verklaring net ’n blatante leuen is,” lui Derby-Lewis se verklaring.

Mapisa-Nqakula het ook verlede week gesê Derby-Lewis sal ook nie aanstaande jaar op parool vrygelaat word nie nadat sy weer sy paroolaansoek geweier het.

Volgens haar het Derby-Lewis nog nie aansoek gedoen om op mediese parool vrygelaat te word nie.

Derby-Lewis se aansoeke om op parool vrygelaat te word, is sedert 2008 herhaaldelik van die hand gewys. Hy sal aanstaande jaar opnuut aansoek doen om op mediese parool vrygelaat te word. Derby-Lewis word vir prostaat- en velkanker behandel.

Hy is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis weens die moord in 1993 op Hani, die voormalige SAKP-leier.

 

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
47 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Neil sê... Wonder net wat die ou se seksualiteit is en hoekom stel hy juis in die portret belang. Laat mens wonder. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.