Depressie kos byna rugby-held se lewe

2012-02-05 07:57
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Clyde Rathbone was een van rugby se goue seuns.

Hy het as kaptein van die Suid-Afrikaanse o.21-span in 2002 sy span tot die wêreldtitel aangevoer, is deur Australië se Brumbies opgeraap en is later vir die Wallabies gekies.

Maar hy het ’n innerlike stryd gevoer teen ’n depressie wat hom sy vrou, ­Carrie-Ann, gekos het én byna sy lewe.

“Ek was nooit gelukkig nie. Ek het skuldig gevoel omdat ek nie die lewe kon waardeer waarvan ander net kon droom nie,” sê Rathbone. “Teen dié tyd het ek myself oortuig dat dit wat ek as kind moes deurmaak, nie so erg was nie en ek het daarvan probeer vergeet.”

Hy vertel van sy kindertyd, toe hy emosioneel geknak is deur “iemand wat na my moes omsien”, van hoe elke negatiewe ding wat hy herhaaldelik oor homself moes aanhoor later sy waarheid geword en hom beïnvloed het.

“Mense wat aan dié mishandeling blootgestel is, het gewoonlik min selfvertroue en ’n lae selfbeeld. In my geval is dit waar, maar diegene wat my in die ­hoërskool geken het, sal my as arrogant beskryf. My verdedigingsmeganisme was om ’n beeld uit te straal wat my die meeste beskerm het.”

Negatiewe gedagtes het sy dryfkrag geword. “Elke keer wanneer ek hard geoefen of goed gespeel het, het dit gevoel asof ek die stryd teen daardie gedagtes gewen het.”

Dié skynbestaan kon hy jare lank volhou, maar so vyf, ses jaar gelede het alles verander toe hy erge rugbybeserings opgedoen het en op 27 jaar gedwing is om uit te tree. “Dit was ’n katalisator vir ’n vloed van al daardie negatiewe gedagtes wat ek op die agtergrond geskuif het ... en mettertyd het ek dieper en dieper in depressie weggesink totdat ek chronies erg depressief was.”

Ondanks sy beserings het hy aanhou rugby speel. Ná ’n gesigbesering en ’n operasie het hy ’n verskeidenheid pynstillers gebruik en dae lank sommer in die bed gebly. “Ek het die hele dag wanhopig neerslagtig gevoel, ek het geen motivering of geesdrif gehad nie; ek het selfmoordgedagtes begin koester.”

In dié toestand, erken hy, het sy huwelik begin wankel en het hy sy vrou verbaal mishandel en afgeskeep.

“Uiteindelik, laat 2010, het ek my vrou vertel wat ek as kind moes deurmaak. Tien jaar nadat ons verhouding begin het en ná ’n huwelik van vyf jaar het sy dit die eerste keer gehoor.”

Middel Mei verlede jaar het sy hom verlaat, emosioneel uitgeput van vergeefse pogings om hom te help.

“Dit is tegelyk die moeilikste en waardevolste ervaring omdat dit die eerste keer was dat ek gevoel het ek gaan die belangrikste ding in my lewe verloor. Dit het my die eerste keer in ’n lang tyd laat fokus. Ek was by ’n kruispad: Of ek doen alles wat ek kan om uit die depressie te kom, of dit gaan waarskynlik my huwelik en dalk uiteindelik my lewe kos.”

Rathbone het uiteindelik ’n siel­kun­dige gaan spreek, begin oefen, gesond begin eet, begin lees “asof ek uitgehonger is vir kennis” en weer met ou vriende begin kuier.

“Die afgelope ses maande is ek vry van depressie; ek ervaar wel soms die lewe se voor- en teenspoede en elke nou dan tref ’n draaibal jou, maar in geen stadium voel ek depressief of dat ek terugsink in ou gewoontes nie. Ek beskou my denke in dieselfde lig as ’n gebreekte been wat sterker is ná sy genesing.”

Dié artikel is ’n verwerking van die skrywe wat Rathbone na ’n blog van Julien Smith, skrywer van onder meer The Flinch, gestuur het. Rathbone vra dat Smith sy skrywe versprei, onder meer omdat hy wil hê sy vrou moet weet dat hy haar liefhet en dat hy jammer is.

Gaan na www.news24.com vir sy volledige teks.

***

“Inspirerend.”

“Sy verdiende loon omdat hy sy land ‘verloën’ het.”

Dit is die uiteenlopende reaksie van rugbyaanhangers en -rolspelers op Clyde Rathbone se onthulling van sy stryd teen depressie.

Jake White, sy oudmentor, het sy steun aan Rathbone toegesê en genooi om met ander spelers oor die siekte te kom praat.

In die Australiese media is wyd berig oor dié voormalige Wallaby-vleuel se ontboeseming. ’n Dag nadat sy skrywe in die sosiale media verskyn het, het hy in ’n onderhoud met die Australiese radiostasie 666 ABC Canberra dikwels na “hulle” verwys wat hom in sy kinderjare leed aangedoen het.

“Ek het hulle heeltemal en volkome vergewe. Ek sal aanhou verstaan waar hulle vandaan kom en hoekom dit gebeur het.”
Al het Ross Solly, ABC-omroeper, hom verskeie kere gevra wie die skuldiges is, wou Rathbone nie hul identiteit bekendmaak nie.

In sy skrywe bedank hy sy vrou vir haar geduld. Carrie is verreweg die beste ding wat ooit met my gebeur het. Sy is die gaafste, sagste, slimste, grappigste, pragtigste siel.

“Sy sien die wêreld anders as die meeste van ons. Haar krag het haar uiteindelik ondergekry; toe ek siek was, het sy niemand vertel nie ...
 
“Teen die tyd dat sy my verlaat het, was sy letterlik klaar. Ek was jare lank al emosioneel afgestomp en het haar so uitgeput dat sy moes kies om of self depressief te raak of om in ’n aftakelende situasie te bly. Sy het die regte ding gedoen om te loop.”

Hy wil hê almal moet lees wat hy geskryf het, sluit Rathbone af. “Ek het dit nodig vir my, maar veral omdat ek vir my vrou wil sê ek is lief vir haar en dat ek jammer is, en dat wat sy ook al kies vir haar geluk, die regte besluit is. Ek wil hê sy moet weet dat sy nooit tevrede moet wees om gelukkiger te wees as wat sy in tien jaar was nie.

“Sy verdien om gelukkiger te wees as wat sy haar ooit kon voorstel.”

Rathbone se vrou wou nie Vrydag kommentaar lewer op Rapport se navrae nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: clyde rathbone  |  depressie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Neil sê... Wonder net wat die ou se seksualiteit is en hoekom stel hy juis in die portret belang. Laat mens wonder. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.