Departement se kantore beroof
2011-12-19 21:24
Johannesburg – Die kantore van die Departement van Binnelandse Sake in Randburg is Maandag beroof, het die polisie in Johannesburg gesê.
“Vier gewapende mans het die kantore omstreeks 16:30 binnegegaan en personeellede aangehou. Hulle is weg met ‘n onbekende hoeveelheid kontant,” het kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder, gesê.
Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die departement, het gesê besoekers aan die kantore is van kontant en selfone beroof. Niemand is beseer nie. Die mans het in ‘n Volkswagen Polo en ‘n minibus gevlug.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA