Departement lê beslag op 50 taxi’s
2011-03-14 22:00
Johannesburg - Beamptes van die departement van gemeenskapsveiligheid in Gauteng het Maandag op 50 taxi’s, wat sonder permitte gery het, beslag gelê.
“Die beslagleggings was die resultaat van ‘n operasie wat gemik was op openbare vervoer. Ons doen ‘n beroep op alle wetstoepassingsliggame om te verseker dat Gauteng se paaie veilig is vir motoriste en pendelaars,” het die LUR, Nonhlanhla Mazibuko, in ‘n verklaring gesê.
Die taxi-eienaars sal elk ‘n boete van R1 500 moet betaal om hul taxi’s terug te kry. Hulle sal ook dokumentasie van die registrasie van ‘n permit moet voorlê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA