Den Haag: Hof het klag teen Malema ontvang
2010-06-18 05:20
Kaapstad - Die Internasionale Strafhof in Den Haag het Donderdag bevestig dat hy 'n klag deur 'n Rustenburgse boer ontvang het teenoor die president van die ANC- Jeugliga, Julius Malema.
Die boer se regsverteenwoordiger, Fanie van der Walt, het gesê die kantoor van die Aanklaer van die Hof het skriftelik bevestig dat die saak aandag sal geniet.
Malema kan moontlik by die Internasionale Strafhof van volksmoord aangekla word, omdat hy die lied, "skiet die boer" sing.
Volgens die boer, wie se identiteit bekend is aan die hof, maar nog nie aan die media nie vertolk hy dit as die opsweping van Jeugliga-ondersrteuners om volksmoord teen boere te pleeg. Kort nadat hy oor die kole gehaal is, het Malema die woorde verander na "soen die boer".
Die boer sal glo terugkom na Suid-Afrika en sy identiteit bekend maak sodra die hof in Den Haag sy veiligheid waarborg.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA