Dele van JHB sonder krag
2010-01-05 14:14
Johannesburg - Johannesburg sit gedeeltelik sonder elektrisiteit nadat die Fordsburg sub-stasie Dinsdag uitgeskop het.
Volgens City Power woordvoerder, Louis Pieterse, het die kragonderbreking vir Braamfontein, dele van sentraal Johannesburg en sommige suidelike en suid-westelike voorstede sonder krag gelaat.
“Ons werk op die oomblik daaraan om die krag weer te herstel,” het hy bygevoeg.
Elektrisiteitstoevoer behoort deur die loop van die middag weer op die been te wees.
Ander areas wat geaffekteer is, sluit Eldorado Park, Ennerdale, Industria, Mayfair, Auckland Park, Lenasia en omliggende voorstede in.
–Sapa