De Lille dalk Kaapstad se burgemeester

2011-01-15 07:28
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Patricia de Lille, OD-leier en Wes-Kaapse LUR vir maatskaplike dienste, is glo die gunsteling om die nuwe burgemeester van Kaapstad te word.

Volgens ingeligte bronne is De Lille en Grant Pascoe, DA-voorsitter in die Kaapse metro-streek en uitvoerende burgemeesterskomiteelid belas met maatskaplike ontwikkeling en spesiale projekte, in die binnebaan om oor te neem by Dan Plato.

In DA-kringe is daar ’n faksie wat sterk voel dit sal ’n meesterskuif wees as De Lille burgemeester word deurdat die provinsie sowel as die Kaapse stadsraad dan deur twee gesoute ystervroue bestuur sal word.

Met Helen Zille reeds in die stoel as Wes-Kaapse premier en met ’n vuurvreter-politikus soos De Lille kan die DA ’n steeds verdeelde ANC in die Wes-Kaap laat klippe kou, word gesê.

Nog ’n bron het bevestig dat De Lille die voorkeur-kandidaat is.

“Haar aanwysing as LUR was net tydelik.

“Die gedagte is dat sy haar onder die Wes-Kaapse kiesers moet vestig en dan gaan sy ná drie maande – in Maart – as burgemeesterskandidaat herontplooi word.

“Haar mandaat is om ’n nuwe soort kieser na die DA te bring,” het die bron gesê.

Stoere raadslede en ondersteuners wat ervaring in die DA opgedoen het, slyp egter hul messe en voel De Lille se ondersteunersbasis het weggekalwe nadat sy in alliansie met die DA gegaan het.

Pascoe-ondersteuners het gister self binnehoue geplant.

’n Raadslid en vertroueling van Pascoe het gesê: “Grant is die soort kandidaat wat jy teen die ANC in die politieke bokskryt instuur.

“Ons het nog geen verkiesing verloor met Grant aan die stuur van sake nie.”

Steven Otter, woordvoerder van De Lille, het by navraag gesê dit is te vroeg om te sê of sy ’n benoeming as burgemeesterskandidaat sal aanvaar.

Pascoe het wel erken hy is genader om hom verkiesbaar te stel.

“Ek oorweeg dit sterk, maar die besluit berus steeds by die party,” het hy gesê.

- Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: patricia de lille  |  kaapstad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Neil sê... Wonder net wat die ou se seksualiteit is en hoekom stel hy juis in die portret belang. Laat mens wonder. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.