De Lille: ANC moet wetsontwerp heroorweeg
2011-11-22 14:32
Kaapstad – Talle betogers het buite die parlement in Kaapstad byeengekom om hul stem dik te maak oor die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting.
Patricia de Lille, burgemeester van Kaastad, het gesê dit is 'n "baie hartseer" dag.
"Ons hoop die ANC gaan tot hul sinne kom en die wetsontwerp heroorweeg."
Die betogers, meeste van hulle is swart geklee, het betoog voor LP's in die Nasionale Vergadering stem.
Betogers sê "Swart Dinsdag" is 'n keerpunt in die geskiedenis van Suid-Afrika.
Een plakkaat lees: "Erger as apartheid" en 'n ander een: "stop die inligtingswet voor dit ons stilmaak".
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter