De Kock ‘het nog geen berou getoon'

2010-01-23 12:41
Tweets Share Share line Print

Pieter du Toit

Kaapstad. – Eugene de Kock moet bly net waar hy is – in die gevangenis.

Só sê James Selfe, DA-LP en woordvoerder oor korrektiewe dienste, ná ’n berig gister in Die Burger dat De Kock glo op die punt staan om sy sel te ontruim.

Volgens bronne na aan De Kock se verwagte kwytskelding kan hy binne twee weke tot ’n maand as ’n vry man uit die Pretoriase Sentrale Gevangenis stap as pres. Jacob Zuma glo ’n belofte aan hom nakom.

Die DA is egter nie oortuig só ’n kwytskelding sal in die belang van geregtigheid, die publiek of versoening wees nie. Die party sê De Kock het nog nie sy straf uitgedien nie, geen berou getoon nie en is ’n gevaar vir die samelewing. Boonop het hy “minstens ses mense doodgemaak” en gaan dit Selfe se verstand te bowe dat só iemand enigsins vir begenadiging in aanmerking kan kom.

“Die gedagte dat hy as ’n tipe gebaar saam met die bedrieër Schabir Shaik vrygelaat kan word, sal die morele verval in die ANC-regering bevestig.

“Dit sal die gesag van die regbank ondergrawe en ’n boodskap uitstuur dat diegene wat aan gruweldade skuldig bevind is as deel van ’n politieke kaartspel, vrygelaat kan word,” het Selfe in ’n verklaring gesê.

Die meeste van De Kock se aansoeke om amnestie by die Waarheid- en-versoeningskommissie is boonop verwerp en hy kon geen inligting oor sommige gruweldade gee nie.

Die DA meen dus De Kock kan geen nuwe inligting verskaf wat ’n kwytskelding sal regverdig nie.

“Om De Kock vry te laat sal nooit in die openbare belang wees nie. Dit sal net ou wonde oopkrap.” .

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Neil sê... Wonder net wat die ou se seksualiteit is en hoekom stel hy juis in die portret belang. Laat mens wonder. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.