De Klerk: Regstellende aksie onregverdig
2009-07-15 15:30
Pretoria – Voormalige staatspresident F.W. de Klerk sê regstellende aksie is onregverdig.
“Die manier waarop regstellende aksie toegepas word, bewerkstellig nie gelykheid nie. Dit diskrimineer onregverdiglik,” het De Klerk Woensdag gesê by die opening van ‘n Soladariteit-konferensie oor regstellende aksie in Pretoria.
Soladariteit woordvoerder Dirk Herman het gesê die vakbond het die konferensie gereël om samesprekings te hou rondom die doeltreffendheid waarmee regstellende aksie in ander lande beoefen word, en of dit suksesvol is.
“Daar is iets verkeerd met regstellende aksie en dit moet reggemaak word,” het Herman gesê. “Ons hoef nie heeltemal van die konsep ontslae te raak nie, maar ons moet die foute daarin regmaak.”
Trevor Tutu, seun van aardsbiskop Desmond Tutu, sou ook Woensdag by die konferensie ‘n toespraak lewer.
- Sapa