De Beers en NUM teken ooreenkoms
2011-08-04 23:00
Johannesburg – Die De Beers-diamantmaatskapy en die Nasionale
Unie van Mynwerkers (NUM) het Donderdag ‘n loonooreenkoms geteken.
“Volgens die ooreenkoms, kan ambagsmanne en
meer bekwame werkers ‘n verhoging van 8% verwag.
“Werkers op intreevlak sal ‘n 10% verhoging
ontvang,” het Tom Tweedy, woordvoerder vir De Beers, gesê.
Lesiba Seshoka, 'n NUM-woordvoerder, het gesê
vakbondlede sal so gou moontlik in kennis gestel word en terugkeer werk toe.
“Ons is gelukkig met die ooreenkoms want dit
stem ooreen met die eise wat ons gemaak het” het hy gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA