Dalai Lama-aansoek te vroeg, toe te laat

2011-12-06 09:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die minister van binnelandse sake het bloot “nie genoeg tyd gehad” om ’n besluit oor die Dalai Lama se visum-aansoek te neem nie.

Sy het die aansoek nooit afgekeur nie.

Só het dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van binnelandse sake, in ’n beantwoordende beëdigde verklaring gesê in die hofgeding met die IVP en Cope oor die regering se hantering van die visum-aansoek.

Cope en die IVP het dié rede as “oneerlik” afgeskiet.

Mangosuthu Buthelezi, IVP-leier, en Mosiuoa Lekota, ­Cope-leier, het al in Oktober ’n aansoek by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien om die wettigheid en grondwetlikheid van die regering se optrede met die Dalai Lama se visum-aansoek te betwis. Hulle het aangevoer dat Dlamini-Zuma die aansoek moes oorweeg en verwerk, maar dat sy haar plig aan haar ampsgenoot in internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane, oorgedra het.

Die twee partye het in ’n gesamentlike verklaring gesê die Dalai Lama het aanvanklik vier maande voor sy beplande reis om ’n visum aansoek gedoen.

Die geestelike leier van Tibet is egter ingelig dat dit te vroeg is en dat hy die aansoek twee maande later moet indien.

Lekota het later gesê: “Die minister is oneerlik. Die Dalai Lama is aanvanklik weggewys en aangesê om op ’n spesifieke tyd aansoek te doen. Hy het dit gedoen en tog is sy aansoek nie betyds oorweeg nie. Dit is met opset gedoen.

“Hulle (die regering) het versuim om hul verantwoordelikhede na te kom.”

Lekota het voorts gesê alles dui daarop dat dr. Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die SAKP, teen die Dalai Lama se aansoek gekant was. “Hy het dit selfs in ’n verklaring gesê. Ek vermoed daar was ’n stryery. Die regering moet dus net vir ’n slag eerlik wees hieroor.”

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het die Tibettaanse geestelike leier na sy 80ste verjaardagviering genooi. Die Dalai Lama het egter sy reis gekanselleer weens ’n gesloer met die visum-aansoek.

Die saak sal Dinsdag deur regter Dennis Davis aangehoor word.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: dalai lama  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Lyk my alle wagte by malls moet onmiddellik die polisie kontak as n kind alleen in n motor is en voor daar nog probleme is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.