Dagga met straatwaarde van 1 milj. gevind
2010-04-26 23:35
Johannesburg – ‘n 35-Jarige man is Maandag op die N3 in hegtenis geneem nadat hy met 1 300kg dagga in sy minibus gevang is, het die polisie in Gauteng gesê.
Die man het teen ‘n spoed van 147km/h in ‘n 100km/h sone gery toe verkeersbeamptes hom naby Heidelberg van die pad getrek het, het konst. Thivhulawi Tshilate gesê.
“Toe die verkeersbeamptes hom vra om te stop, het hy teen ‘n hoë spoed weggejaag.”
Die polisie het die motor agternagesit waarna die bestuurder die motor verlaat en in ‘n veld gehardloop het.
Die man is in hegtenis geneem en die polisie het 95 sakke met dagga gevind. Die dagga het 'n geskatte straatwaarde van R1 miljoen.
- Sapa