Daar's hoop vir inligtingwet

2011-06-05 10:57
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die eerste erkenning het Donderdag vanuit ANC-geledere gekom dat daar moontlik grondwetlike struikelblokke met die sogenaamde Geheimewet kan wees.

Dr. Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, het tydens ’n inligtingsessie by die parlement aan die media gesê die ANC is steeds inskiklik vir wysigings aan die Wetsontwerp oor die Beskerming van Inligting.

“Ons gee dus toe aan sekere voorstelle om grondwetlike uitdagings te verminder,” het hy gesê.

Tot nou toe het die ANC bly ontken dat die wetsontwerp in stryd is met die Grondwet en het ANC-LP’s die opposisiepartye by meer as een geleentheid daaraan herinner om nie feite met hul opinies oor grondwetlikheid te verwar nie.

Maar al het die minister na grondwetlike uitdagings verwys, is hy en die ANC onwrikbaar oor die kriminalisering van mense wat inligting laat uitlek, wat die kern is van die opposisie se besware.

Die opposisie – die DA, ACDP en IVP – het nog met elke vergadering die verweer van openbare belang geopper, veral teen die agtergrond van ’n oop en deursigtige demokrasie wat mediavryheid waarborg.

“Wat ’n verweer betref: Ons is nie te vinde vir mense wat toegang tot inligting wil hê bloot vir die gerief daarvan nie,” het Cwele gesê.

“Want dan moet ons elke Jan Rap en sy maat ondersoek wat inligting onthul het, en ons kan nie. Ons kan nie ’n algemene toepassing toelaat nie.”

Cosatu, die Treatment Action Campaign (TAC), die raad vir die bevordering van die Grondwet (Casac), die Helen Suzman-stigting én Ronnie Kasrils (voormalige staatsveiligheidminister) het ook gemaan teen ’n haastige verwerking van die wetgewing en die kriminalisering van onder andere fluitjieblasers.

Nadat Cosatu skielik sy stem dik gemaak het – waarop David Maynier, DA-LP, op Twitter “VivaVavi” geskryf het – was daar Woensdag ’n stadiger pas in die ad hoc-komitee wat die wet skryf en meer gewilligheid om te luister én te verander.

Steve Swart, ACDP-LP, het hierna aan Rapport genoem die strenger drempels en toetse vir klassifikasie van inligting is vir
die opposisie beslis ’n positiewe teken.

Die komitee het ook Vrydag, op voorstel van Lewellyn Landers, ANC-LP, besluit om aansoek te doen by die parlement om die wetsontwerp se spertyd (24 Junie) uit te stel.

Cwele het reeds Donderdag aangedui die ANC sal so ’n voorstel doen.

Cosatu is verlig oor die uitstel, maar sê ’n verlenging van oorlegpleging verander nie húl standpunt oor dit wat skort met die stuk omstrede wetgewing nie.

“Die wetsontwerp is in stryd met homself soos hy nou is. Luidens die wetsontwerp is dit ’n oortreding om misdrywe te onthul as dit geklassifiseerde inligting is. Fluitjieblasers moet beskerm word,” het Patrick Craven, Cosatu-woordvoerder, gesê.

 

- Rapport

Lees meer oor: media  |  sensuur  |  inligtingswet

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Lyk my alle wagte by malls moet onmiddellik die polisie kontak as n kind alleen in n motor is en voor daar nog probleme is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.