'Daar's gesloer met seun se behandeling'

2011-11-24 09:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Mediese personeel moes vinniger opgetree het toe ’n rugbyspeler van Mamre ’n rugmurgbesering in ’n vaste skrum opgedoen het.

Só het ’n advokaat Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangevoer in die saak waarin Charles Oppelt (26) van Mamre die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), Boland-rugbyunie, Mamre-klub en die departement van gesondheid vir meer as R9 miljoen dagvaar.

Oppelt is op 23 Maart 2002 beseer toe hy 17 jaar oud was. Hy was haker van die Mamre-klub se eerste span en het in ’n vaste skrum ’n besering aan die rugmurg opgedoen. Hy is vandag in ’n rolstoel.

Oppelt het die betrokke dag tussen 14:15 en 14:45 erge rugbeserings opgedoen toe ’n vaste skrum inmekaargeval het.

Hy is na die Wesfleur-hospitaal op Atlantis gebring, waar hy omstreeks 15:30 aangekom het. Vandaar is hy na die Groote Schuur-hospitaal oorgeplaas en het omstreeks 17:59 daar aangekom. ’n Ortopediese chirurg het hom teen 20:00 geëvalueer. Hy is daarna na die Conradie-hospitaal se ruggraateenheid oorgeplaas, waar hy omstreeks 01:30 aangekom het. Hy is hier behandel.

Oppelt beweer die hospitaalpersoneel moes geweet het hy het ’n potensieel verlammende besering opgedoen en dat daar vinniger opgetree moes word.

Dr. David Welsh, ’n konsult-neurochirurg by die Groote Schuur-hospitaal, het aan die hof gesê die medici het in alle gevalle slegs protokol gevolg.

“Dinge vat tyd en moet ordentlik gedoen word.”

Adv. Willie Duminy SC, vir Oppelt, het dit aan Welsh gestel dat sowat vier uur ’n impak op die sukses van vordering op sy kliënt se toestand sou hê. “Die behoefte aan spoedige behandeling was van deurslaggewende belang.”

Welsh het gesê vier uur word nie universeel deur alle medici as ’n afsnypunt aanvaar nie. Die werklikheid is dat daar ook ander pasiënte is wat dié dokters moet sien.

Volgens Welsh is daar protokol en riglyne waarby personeel moet hou sodat die stelsel vlot kan verloop. Die beskikbare hulpbronne moet ook in ag geneem word.

Daarby is daar ook kenners wat meen dat dit beter is om langer as vier uur te wag voordat daar op ’n pasiënt met sodanige beserings geopereer word.

Die verhoor duur voort.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: beserings  |  hofsake  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Lyk my alle wagte by malls moet onmiddellik die polisie kontak as n kind alleen in n motor is en voor daar nog probleme is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.