Vermiste egpaar se lyke in bakkie gevind

2010-11-05 07:00
Tweets Share Share line Print

Mnr. Johan en me. Annelise Greyvenstein

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - ’n Bekende egpaar van Musina se lyke is Donderdagoggend in hul bakkie op ’n verlate pad gekry nadat hulle vermoedelik Dinsdag vermoor is.

Johan (54) en Anne­lise Greyvenstein (53) se Toyota-bakkie, met hul inkopies nog agterop, het onder ’n treinbrug op hul hoewe op die Campbell-pad, sowat 10km buite die dorp, gestaan. Dit is sowat ’n kilometer van hul huis.

’n Buurman, Martin van Rensburg, het die polisie gebel nadat hy agterdogtig geraak het omdat hy die egpaar nie sedert Dinsdag gesien het nie.

Hy het Donderdagoggend saam met die polisie op die lyke afgekom.

Johan Greyvenstein is agter die linkeroor geskiet. Sy lyk, waaroor ’n seil gegooi is, het skuins bo-op sy vrou s’n gelê.

“Ek weet nie hoe sy dood is nie, daar was te veel bloed,” het Van Rensburg gesê.

“Daar was baie, baie bloed ... die moordenaar(s) het albei se skoene uitgetrek. Hulle was kaalvoet.”

Volgens hom lyk dit asof hulle in die bakkie geskiet is, maar lt.kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê daar kan nog nie met sekerheid gesê word waar hulle vermoor is nie.

’n Zimbabwiër wat by hulle op die hoewe gewerk het, is sedert die moorde soek.

Die polisie is op soek na hom.

Samantha Greyvenstein het gesê haar ouers het Dinsdagmiddag ná werk by haar in die dorp gekuier.

“My ma se laaste woorde aan my was: ‘Ek is lief vir jou, my kind.’ ”

Die polisie het haar gisteroggend gebel, het sy gesê.

“Hulle het gevra wanneer laas ek my ouers gesien het en watter klere hulle aangehad het.

“Hulle het nog dieselfde klere aangehad as Dinsdagmiddag.”

Volgens haar het die werkers by die Venetia-myn, waar haar ouers kontrakteurs was, hul toesighouers nie laat weet toe die Greyvensteins nie eergister vir werk opgedaag het nie.

Haar ouers is vermoedelik ingewag en oorval toe hulle Dinsdag omstreeks 18:00 op hul hoewe aangekom het. “Hulle is met hul eie rewolwer doodgeskiet,” het sy huilend gesê.

“Daar is geen teken van ’n struweling by die huis nie,” het sy gesê.

Otto het gesê dit lyk of iemand deur die dak van die Greyvensteins se huis geklim het. Dit is onduidelik wanneer dit gebeur het.

Die kluis is aan die kant met ’n hoekslyper oopgesny en mnr. Greyvenstein se rewolwer is daaruit gesteel.

Niks anders word vermis nie.

Van Rensburg het gesê van sy elektriese pompe is verlede Donderdag gesteel. Hy het Greyvenstein daarvan gesê.

“Ons vermoed ’n Zimbabwiër wat by hom gewerk het, het moontlik iets daarmee te doen.”

Otto het gesê teen druktyd is niemand nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.

Johan Greyvenstein sou volgende Vrydag 55 jaar oud geword het. Die egpaar het sowat sewe jaar gelede van die dorp, waar hulle etlike jare gewoon het, na die hoewe verhuis.

- Beeld

Lees meer oor: lyke  |  plaasmoorde  |  polisie  |  moorde  |  sterftes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Lyk my alle wagte by malls moet onmiddellik die polisie kontak as n kind alleen in n motor is en voor daar nog probleme is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.