Daar verdrink kaper toe hy vlug
2010-06-21 19:04
Benoni - 'n Vermeende motorkaper wat van die polisie wou vlug nadat hy en sy makkers die wet oortree het, het verdrink toe hy in 'n dam probeer wegkruip.
Die polisie van Benoni was Maandag op die spoor van die skarminkels nadat hulle van die owerhede probeer weg jaag het.
"Die polisie het 'n motor sonder nommerplate gewaar, en toe hulle die voertuig wou aftrek, het die verdagtes weggejaag," het die polisie se Jannie van Aswegen gesê.
'n Jaagtog het gevolg, en die booswigte het in 'n taxi vasgery wat by 'n taxi-staanplek parkeer was. Drie mans het toe uitgepring, weggehardloop en in die dam gespring.
Die polisie het twee van die oortreders in hegtenis geneem. Die motor waarin hulle gevlug het - 'n Toyota Camry - is twee weke gelede in Spring gekaap.
- Sapa