Daar is 80 skole te min in Wes-Kaap

2009-12-09 07:21
Tweets Share Share line Print

Marelize Potgieter

Kaapstad - Die nuwe jaar is om die draai en die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het 80 skole te min in die provinsie.

Dít, asook groot klasse, geldelike uitdagings en ’n hoë onderwyser-leerder-ratio in Wes-Kaapse skole, is van die probleme waardeur die departement in 2010 in die gesig gestaar word.

Die WKOD was egter trots om gister die eerste departement in die land te wees wat riglyne en beplanning vir die akademiese jaar van 2010 bekend te maak.

Dié riglyne is ’n poging om gehalte-onderrig vir leerders in die Wes-Kaap te verseker, het die Wes-Kaapse minister van onderwys, mnr. Donald Grant, gesê.

Die planne sluit in ’n strategiese tienpuntplan vir 2010 tot 2019, ’n beplanningskalender vir skole vir 2010 asook briewe aan hoofde, onderwysers en ouers.

’n Taakspan sal uitdagings soos die infrastruktuur in skole, veiligheidsmaatreëls, kurrikulum en assessering, toelatingsgeld vir leerders en personeelbestuur vasstel en monitor.

“Migrasie is ’n groot probleem in die Wes-Kaap. Sowat 1 200 leerders stroom die provinsie jaarliks binne en daarom het die WKOD reserwe-poste in plek om oorvol skole in die provinsie te akkommodeer,” het Grant gesê.

Die provinsiale voorsitter van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie, mnr. Bongani kaMcoyana, het gesê die WKOD se beplanning vir 2010 klink baie belowend. Hy het egter die pogings van die departement om van skoolhoofde te verwag om ’n prestasie-ooreenkoms te teken, ten sterkste afgekeur.

Die provinsiale voorsitter van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, mnr. Pieter Coetzee, het gesê die sukses van dié beplanning lê daarin of dit geïmplementeer gaan word. Hy het gesê dienslewering is ’n kwessie wat aandag moet kry. Hy hoop dat daar by die beplanning en implementering van die jaarplan gehou sal word.

Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Lyk my alle wagte by malls moet onmiddellik die polisie kontak as n kind alleen in n motor is en voor daar nog probleme is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.