DOV stuur Pigspotter-dossier terug
2010-10-12 13:00
Johannesburg – Die direkteur van openbare vervolging (DOV) het Pigspotter se dossiere vir die polisie teruggestuur vir verdere ondersoek, het sy prokureur Dinsdag gesê.
Sy prokureur, Karl Schuler, het aan Sapa vertel dat hulle optimisties is oor die direkteur se reaksie.
Dit was nie ten tyde van die berig bekend waarom die DOV die dossier teruggestuur het nie.
Die Johannesburgse metropolisie het in September ‘n klag teen Pigspotter gelê omdat hy motoriste oor spoedlokvalle op die sosiale netwerk Twitter waarsku.
Die Twitter-gebruiker, wat tereggestaan het op aanklagte van crimen injuria en regsverydeling, het sowat drie weke gelede via sy prokureur protes by die direkteur aangeteken.
Pigspotter, wie se identiteit nie bekend gemaak is nie, gaan voort met sy tweets oor “Polisie in Gauteng,” of PIGs soos hy hulle noem.
Pigspotter, wat ook as Cliff bekendstaan, het tussen Maandagoggend 10:00 en Dinsdagoggend 10:00 meer as 80 keer getweet.
Een van dié tweets het gesê dat hy t-hemde teen R100 verkoop wat sê: "Have you hugged a P.I.G. today?".
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA