DG sê nee vir vet tjek, want sy wil ‘werk vir my geld’

2010-08-27 08:13
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Sy kon ’n goue handdruk van byna R3 miljoen van die staat gekry het, maar het geweier – want sy wil werk vir haar geld.

Mamodupi Mohlala, wat verlede maand as direkteur-generaal (DG) van kommunikasie afgedank is, het ’n skeidingspakket van R2,9 miljoen van die hand gewys omdat sy “nog baie het om by te dra”.

Ingevolge ’n skikkingsooreenkoms tussen haar en genl. Siphiwe Nyanda, minister van kommunikasie, trek sy haar saak in die arbeidshof terug en Nyanda trek sy afdankingsbrief aan haar terug.

Mohlala het gister bevestig sy het ’n aanvanklike skikkingsaanbod van R1,6 miljoen en later ’n verbeterde aanbod van R2,9 miljoen, insluitend regskoste, van die hand gewys in haar verbete stryd om haar werk te behou.

“Ek wil graag in die openbare sektor wérk vir my geld. Ek is jonk, het nog baie wat ek kan bydra en wil graag aanbly.

“Ek kan nie wag om terug te keer werk toe nie,” het sy gesê.

Ingevolge die skikking wat bereik is, moet Mohlala vir ’n maand met spesiale verlof gaan.

Volgens haar is sy nou as DG heraangestel en kan sy op 27 September weer begin werk.

Sy moet egter na ’n ander pos skuif indien Richard Baloyi, minister van die staatsdiens en openbare administrasie, in dié maand vir haar ’n ander, soortgelyke pos in die staatsdiens kry.

Die departement het gister in ’n verklaring gesê Mohlala is nié in haar pos as DG heraangestel nie.

Die skikkingsooreenkoms is glo net aangegaan om haar weer as staatsamptenaar aan te stel sodat Baloyi ander moontlikhede vir haar kan ondersoek.

Mohlala het gesê as sy na ’n ander pos oorgeplaas word, sal sy graag in die inligtings- en kommunikasietegnologie-bedryf betrokke wil bly.

As sy in die departement van kommunikasie bly, meen sy sal sy goed met Nyanda kan saamwerk.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: kan jy glo?  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Harry sê... Ergste van als, maak nie saak hoeveel hulle betoog of tekere gaan nie, die skildery is klaar die wêreld in, daar is niks wat hulle nou meer aan die saak kan doen nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Assistant Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.