DA wen twee derdes in KZN-tussenverkiesing
2010-05-06 22:10
Durban - Die Demokratiese Alliansie het ’n twee derde meerderheid van stemme in die tussenverkiesings in KwaZulu-Natal gewerf, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gesê.
Die derde setel is deur die Inkatha Vryheidsparty (IVP) gewen, het Thabani Ngwira, OVK se provinsiale woordvoerder gesê.
“Die DA het 97.72 % van die stemme in setel 10 in eThekwini en 63.18 % in Newcastle gekry. Die IVP het weer 83.16 % in Nquthu gewen,” het hy gesê.
Die DA-lid in KwaZulu-Natal, John Steenhuisen het gesê dié prestasie beteken dat die party goed sal vaar in die opkomende munisipale verkiesings, berig Times Live.
Kliek hier vir die volledige berig.
Volg Nuus24 op Twitter.