DA verloor appèl teen bevinding oor toilette

2010-09-24 12:14
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Al weer ’n vermorsing van belastingbetalersgeld wat beter aangewend kon word.

Dít was Cosatu se reaksie Donderdag hier op die DA se mislukte appèl teen ’n vroeëre bevinding van die Menseregtekommissie (MRK) oor die Makhaza-toilette.

Die MRK het Donderdag bekend gemaak dat hy die DA se appèl van die hand wys.

Die DA het vroeër geappelleer teen die bevinding waarin die MRK gelas het dat hy die oop toilette moet toebou. Die ANC-jeugliga het die klagte oor oop toilette by die kommissie ingedien.

Volgens die kommissie se vroeëre beslissing het die Stad Kaapstad die inwoners se menswaardigheid aangetas deur toilette te verskaf wat nie toegebou is nie.

Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van Cosatu, het Donderdag gesê ’n klomp geld is op dié appèl vermors, wat eerder aangewend kon word om ’n oplossing vir die probleem te kry.

Dan Plato, uitvoerende burgemeester van Kaapstad, het in ’n verklaring gesê die kommissie se bevindings is onverstaanbaar. “Die bevindings erken nie die stad se pogings om daarna wel 55 oop toilette toe te bou nie – veral nadat inwoners gesê het hulle kan dit nie doen nie.”

Die ANC-jeugliga het twee keer die strukture afgebreek.

Rulleska Singh, woordvoerder vir die burgemeester, het gesê daar is geen oop toilette in Makhaza nie en die stad wag op die jeugliga om aan te dui die strukture gaan nie weer afgebreek word nie.

Luidens die verklaring sal die geld wat nodig is om die beslissing deur te voer van die nasionale regering gevra moet word. “Die stad kry sy behuisingsbegroting vir ontwikkelings soos dié van die nasionale regering. As die beslissing deurgevoer word, sal meer geld nodig wees.”

Mandla Dlamini, woordvoerder van die Wes-Kaapse ANC-taakspan, het gesê die DA moet net sy werk doen. 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Lyk my alle wagte by malls moet onmiddellik die polisie kontak as n kind alleen in n motor is en voor daar nog probleme is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.