DA trek klag teen jeugliga-leier terug

2010-06-15 21:08
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê hy sal sy haatspraak-saak teen die Vrystaatse ANC-jeugligaleier Thabo Meeko terugtrek, aangesien hy berou getoon het vir sy uitlatings.

Die DA het 'n klag van haatspraak teen Meeko in die gelykheidshof aanhangig gemaak vir ongrondwetlike uitsprake wat hy in 2009 gemaak het oor die Universiteit van die Vrystaat (UV) se rektor, Jonathan Jansen. Dié uitsprake is gemaak tydens die hofverskyning van die Reitz-vier in Bloemfontein.

Die Reitz-vier verwys na die vier voormalige UV-studente van die Reitz-manskoshuis wat 'n rassistiese video gemaak het van swart werkers.

Meeko het volgens berigte destyds gesê "(Jansen) is net so 'n misdadiger soos hierdie rassistiese jong studente by die universiteit. Ons stem saam met die president van die ANC, skiet 'n misdadiger dood, en dis wat ons moet doen."

Meeko het ook gevra dat Jansen uit sy pos verwyder word.

Meeko het Dinsdag gesê dis jammer dat die ANC-jeugliga se uitspraak misinterpreteer is, en dat mense gedink het hulle wou hê Jansen moes doodgeskiet word.

"Dit was nooit die bedoeling nie."

Meeko het gesê die uitlating is gemaak in die gees wat op daardie oomblik geheers het.

"Ons wil weer sê dis baie jammer dat mense dit so geïnterpreteer het."

Die DA-parlementslid Wilmot James het Meeko se berou verwelkom.

Hy het gesê dis van uiterste belang dat die land se burgers nie sulke roekelose en onverantwoordelike beskuldigings maak soos Meeko gedoen het.

"Dit was verkeerd en ongrondwetlik."

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: thabo meeko  |  da  |  anc-jeugliga

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Lyk my alle wagte by malls moet onmiddellik die polisie kontak as n kind alleen in n motor is en voor daar nog probleme is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.