DA plaas druk op Sanral oor tolpaaie
2011-10-24 13:07
Johannesburg – Die DA sê die party sal voortduur om druk op die departement van vervoer en die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) te plaas totdat die voorgenome nuwe toltariewe in Gauteng heeltemal geskrap word.
“Ons sal voortgaan om ‘n standpunt in te neem vir die miljoene [mense] wat op ‘n negatiewe wyse deur hierdie stelsel geraak sal word,” het Janet Semple, DA-LP, in ‘n verklaring gesê.
“Werke sal verloor word, lewenskostes sal toeneem en die gemarginaliseerde lede van ons samelewing sal gevra word om meer te betaal...”
Sy sê die party is ten gunste van Sibusiso Ndebele, minister van vervoer, se bevel om die finale besluit oor tolgeld vir eers uit te stel.
Semple sê die DA is bewus daarvan dat Sanral steeds die projek nastreef.
DA-lede het Saterdag by die Pan Africa Mall in Alexandra, noord van Johannesburg, teen die tariewe betoog.
Soortgelyke betogings het in Nigel, aan die Oos-Rand, en in Soshanguve, in Pretoria, plaasgevind.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA