DA op punt om De Lille se OD in te sluk

2010-05-03 07:04
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die OD staan op die punt om deur die DA ingesluk te word wanneer die OD-leier, Patricia de Lille, na verwagting binnekort saam met me. Helen Zille in een van die DA se twee topposte verkies gaan word.

Die Burger het gister van bronne in die DA se binnekring verneem dat De Lille op die party se kongres einde Julie as die DA se nasionale voorsitter benoem gaan word. Sy sal ’n lid van die DA moet word voordat sy benoem kan word.

Joe Seremane, wat tans dié pos beklee, tree vanjaar as LP uit die politiek. Hy word in Augustus 72 jaar oud.

Na verwagting sal Zille onbestrede tot DA-leier herkies word.

Nie Zille se kantoor of De Lille wou gister die gerugte bevestig nie. Zille self was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

De Lille het gesê sedert die OD-kongres in Maart toe vier opposisiepartye – die DA, OD, Cope en UDM – die moontlikheid van ’n samewerkingsfront bespreek het, het hulle nog nie weer vergader nie. “Daar is nie gepraat oor enige posisies nie,” het De Lille gesê en bygevoeg in beginsel stem die partye wel saam, maar dat die spertyd vir terugvoering in Augustus is.

Cope se kongres is veronderstel om vandeesmaand plaas te vind.

Die DA se leier in die parlement, Athol Trollip, het sowat drie weke gelede op ’n koukusvergadering aangekondig hy is nie van plan om tot die nasionale leierskapstryd toe te tree nie.

Trollip, wat die DA se leier in die Oos-Kaap is, en Seremane het in 2007 met Zille meegeding om Tony Leon as DA-leier op te volg.

Hy het gister aan Die Burger gesê hy gaan nie om enige van die sewe nasionale leierskapposte meeding nie.

“Me. Zille doen ongelooflik goeie werk en gaan momentum aan die party verskaf om hom deur die volgende verkiesing te lei.”

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het gesê hy kan geen lig op die gerugte oor De Lille werp nie. Hy het wel gesê voordat De Lille as voorsitter van die DA benoem kan word, moet sy by die party aansluit.

Die reëlingskomitee vir die DA se kongres moet nog ’n spertyd bepaal vir benoemingslyste, maar na verwagting sluit dit ’n week voor die kongres.

Seremane het op sy beurt gesê hy sal Zille en De Lille “enige tyd” in sy kabinet verwelkom.

“Dit gaan oor watter bydrae jy tot die land kan lewer en nie om posisies nie.”

Oor sy eie aftrede uit die politiek het hy gesê dis tyd dat hy vir jonger mense plek maak. “Ek wil nie vir oom Bob (Mugabe) na-aap nie,” het hy gespot.

Die DA-kongres word na verwagting op 25 en 26 Julie in Kaapstad gehou.

- Die Burger

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Lyk my alle wagte by malls moet onmiddellik die polisie kontak as n kind alleen in n motor is en voor daar nog probleme is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.