DA marsjeer teen inligtingswet en mediatribunaal
2010-09-18 13:00
Johannesburg – Talle DA-ondersteuners het Saterdag in Johannesburg na die konstitusionele hof gemarsjeer.
Die ondersteuners, gelei deur die party se leier Helen Zille asook Patricia De Lille, marsjeer in reaksie teen die beplande inligtingswet en die voorgestelde mediatribunaal.
Die skare het langs ‘n verhoog vir hul leiers gewag om hulle toe te spreek.
Mense wat saam gemarsjeer het, het struggle-liedjies gesing asook liedere wat Zille se leierskap prys.
Plakkate wat hulle vasgehou het, het onder andere "No to apartheid censorship" en "Are we heading to gloom Zimbabwe" gesê.
Zille het Saterdag op die sosiale netwerk Twitter haar mening oor die inligtingswet en mediatribunaal uitgespreek en gesê dit hoort nie in ons land nie.
“Protection of Info Bill and media tribunal proposal should be in the apartheid museum. They have no place in a democratic SA.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA